Geel

#ffff00
Geel seilvindoktersvis (Zebrasoma flavescens)
Geel spons
Sonneblomme (Helianthus-spesies)

Geel is die kleur wat opgewek word deur lig wat beide die L en M (lang- en medium-golflengte) keëlselle van die retina omtrent ewe veel stimuleer, maar die S (kort-golflengte) keëlselle nie beduidend stimuleer nie. Dit wil sê, lig wat baie rooi en groen bevat, maar nie veel blou nie.[1] Lig met 'n golflengte van 570–580 nanometer is geel aangesien die lig die regte mengsel van effens langer en korter golflengtes bevat. Geel se komplementêre kleur in terme van kleurvermenging (deur die gebruik van lig) is blou.

  1. James W. Kalat (2005). Introduction to Psychology. Thomson Wadsworth. p. 105. ISBN 0-534-62460-X.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search